Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 3:10

Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna Light
7 Dae
Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verpletter wat deur vergelyking toegelaat word om jou vermoëns te belemmer. Dit sal jou help om die vry en oorvloedige lewe te leef wat God vir jou beplan het.

'n 7-dag Gids oor Gebed
7 dae
Wanneer ons aan die woord "gebed" dink, het ons moontlik 'n idee daarvan in gedagte. Heel moontlik het jy al vorige ondervindinge met gebed, ongeag jou agtergrond. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons dieper delf in wat gebed behels en hoe ons sekere aksies 'n deel van ons dag kan maak, wat ons sal help om 'n deurlopende gesprek met God te hê vir die res van ons lewens.

Ek YADA jou!
7 Dae
Ontdek die dieper betekenis van die Hebreeuse woord YADA — om werklik te ken en geken te word. In hierdie 7-dagleesplan reis ons deur God se hart vir intimiteit, verbondenheid en verhouding. Leer hoe jou verlange om geken te word uiteindelik in God vervul word.

Geloof
12 Dae
Is om te sien, om te glo? Of is dit eerder dat ek glo omdat ek sien? Hierdie is vrae oor geloof. Hierdie leesplan bied 'n indiepte studie oor geloof—van die Ou Testamentiese stories van werklike mense wat groot geloof getoon het in onmoontlike omstandighede, tot by die leringe van Jesus oor geloof. Deur hierdie plan te volg sal jy aangemoedig word om in 'n dieper verhouding met God te tree en 'n meer toegewyde volgeling van Jesus te word.

Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid Daarvan
13 Dae
Almal het stilte nodig. Soms weet ons dit nie, maar sodra daar tye van stilte kom, kom vreemde vrede. Daar word die stemme van die wêreld en die stemme van my eie gedagtes uitgedoof. In daardie stiltes kom God dikwels en begin met ons praat. Mag hierdie leesplan jou by dieper intimiteit met God bring.

Beloftes vir u Alledaagse Lewe
14 dae
Begin u dag met 'n praktiese Bybelonderrig van Joyce Meyer. Hierdie daaglikse toewyding sal jou hoop gee, help om jou gedagtes te verfris en te ontdek dat jy elke dag met doel en passie kan leef!

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis
14 Dae
Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

Filippense
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Filippense - Kies Vreugde
27 Dae
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.