Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 4:7

Aangesteek: 'n Eenvoudige Gids vir Vrymoedige Gebed
6 Dae
Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleentheid om in verhouding met ons hemelse Vader te wees. In hierdie 6-dag leesplan sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspireer word om gereeld en met groot vrymoedigheid te bid.

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed
6 Dae
Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleetheid om met ons Hemelse Vader in 'n verhouding te wees. In 6-dag-plan, sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspereer word om konsekwent en met groot vrymoedigheid te bid.

Kaalvoet Op Heilige Grond
6 dae
'N VUUR WAT AANHOU BRAND. Dit is die wyse waarop God Homself aan Moses openbaar het. God betrek mense by wat Hy beplan en doen. Hy het uitgereik na Moses wat, soos ek en jy, by 'n vorige geleentheid die stokkie laat val het. Hy bemagtig hulle met sy Heilige Gees, wat 'n gebeds-honger in hulle harte wek en hulle in staat stel om sy plan uit te voer!

Verspotte Liefde met Francis Chan
7 Dae
Geneem uit die New York Times se Topverkoper boek "Crazy Love". Francis Chan delf diep in God se wonderbare, heerlike, onbeskryflike liefde vir ons, en hoe ons gepaste reaksie op so 'n liefde moet lyk. Hy hou egter nie daar op nie; hy daag ons uit om na te dink oor God se grootheid en die groot verskil tussen sy ewige heerlikheid en ons tydelike lewe hier op aarde.

Mams het Vernuwing Nodig
7 Dae
Hou vas mams — daar is vreugde te vind onder al daardie vuil skottelgoed! Hierdie leesplan is 'n moederskap oorlewings-gids deur die gewilde webjoernaal skrywer, Lisa Pennington, uit haar nuwe boek "Mama Needs a Do-Over."

Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna Light
7 Dae
Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verpletter wat deur vergelyking toegelaat word om jou vermoëns te belemmer. Dit sal jou help om die vry en oorvloedige lewe te leef wat God vir jou beplan het.

Maria Was 'n Ma
7 Dae
Moederskap is die ondankbaarste maar oorweldigendste beroep vir baie vroue. Waarmee kan ons identifiseer en wat kan ons leer van die vrou wat gekies is om die Messias in die lewe te bring? Lees saam met Robin Meadows hierdie 7-dag leesplan oor Jesus se ma, Maria.

Vrede wat alle verstand te bowe gaan
7 dae
Het jy vandag vrede in jou hart? Of is jy bekommerd oor situasies in jou lewe? In hierdie 7- dag-leesplan sal Angus Buchan jou wys hoe jy gevul kan word met God se genade en vrede en hoe om al hierdie bekommernisse by God se voete te laat. Hierdie oordenkings is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

'n 7-dag Gids oor Gebed
7 dae
Wanneer ons aan die woord "gebed" dink, het ons moontlik 'n idee daarvan in gedagte. Heel moontlik het jy al vorige ondervindinge met gebed, ongeag jou agtergrond. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons dieper delf in wat gebed behels en hoe ons sekere aksies 'n deel van ons dag kan maak, wat ons sal help om 'n deurlopende gesprek met God te hê vir die res van ons lewens.

Gebede wat God altyd verhoor
7 dae
Vir baie gelowiges is frustrasie iets wat hulle gebedslewe karakteriseer, en dit voel meestal of God nie hoor as hulle bid nie. Dié dagstukkies, gebaseer op Stephan Joubert se boek GEBEDE WAT GOD ALTYD VERHOOR, wys aan die hand van Bybelse rigtingwysers hoe ons moet bid sodat God, wie se oor altyd na sy kinders gedraai is, sal luister.