Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 13:12

Advent Bewondering
4 Dae
Hoop, liefde, vrede, vreugde. Hierdie woorde word baie gedurende die vakansietyd gebruik, maar onthou ons hoekom? Die Kersverhaal is die verhaal van hoe God deur die geboorte van Jesus in die geskiedenis ingegryp het. Die lewens van Maria, Josef en die skaapwagters is heeltemal deur hierdie gebeurtenis verander. Hulle het hoop, liefde, vrede en vreugde gevind; kom ons onthou saam hoe, deur Jesus, ons dit ook kan vind.

5 tale van die liefde
7 dae
Of julle verhouding sterk of sukkelend is, stabiel of uitdagend, hierdie oordenkings sal julle bemoedig en hernude vreugde in mekaar laat vind. Die boublokke van die huwelik – dinge soos goeie kommunikasie – vorm die basis van enige romantiese verhouding en wanneer twee mense aan mekaar toegewy is, vind positiewe verandering plaas. Hierdie leesplan is saamgestel uit 5 TALE VAN DIE LIEFDE – OORDENKINGS VIR PAARTJIES deur Gary Chapman.

Ek Het U Nodig!
7 dae
Dit is soms moeilik om die regte woorde te kry wanneer jy bid – veral wanneer die lewe uitdagend, swaar en net-te-veel voel! Hierdie sewe gebede deur Joanna Teigen uit haar gebedeboek 101 GEBEDE VIR VROUE sal vir jou nuwe inspirasie vir jou gesprekke met God gee wanneer jy sy krag en leiding die nodigste het.

Nogtans sal ek
11 Dae
Hoe kry 'n mens 'n vastrapplek wanneer dit vir jou voel asof jou wêreld uitmekaarval? Hoe maak jy en waarheen gaan jy wanneer dinge nie uitwerk soos jy gehoop het nie? Luister, jy kan waarlik God se hart vir jou vertrou. Moenie toelaat dat die storms aan die buitekant onstuimigheid in jou binnemens veroorsaak nie.

Die Beter Lees Plan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag tot dag lewe kan verbeter? God se Woord is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag plan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.