Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 14:30

Woede
3 Dae
Woede gebeur met die beste van ons! Jou reaksie op woede is gebaseer op jou vertroue in God en in die oordenking van sy Woord. Oorweeg om die Leesplan oor vertroue saam met die onderwerp oor woede te lees. As jy die volgende verse memoriseer, kan dit jou help om toepaslik op woede te reageer. Verander jou lewe met die memorisering van teksverse.

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit
5 dae
Hierdie 5-daglees-plan vir ’n doelgerigte lewe sal lesers aanmoedig om hul Godgegewe talente te ontwikkel, om helder te skyn in ’n donker wêreld en om elke dag te groei in hul verhouding met God. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos lewensdoel, vertroue, innerlike genesing en hoop) en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Angelique du Toit se " Staan sterk in ʼn wankelende wêreld" .

Breek Vry Van Afguns 'n 6-dag Leesplan deur Anna Light
6 Dae
Vandag, meer as ooit tevore, sien ons mense se lewens hoe hulle wil hê dit gesien moet word. Wanneer ons dit vergelyk met ons eie lewe, kan dit afguns veroorsaak. Jy wil nie toelaat dat hierdie gees in jou sweer nie, maar wat van die skade wat afguns aanrig wanneer dit deur iemand anders teen jou gerig is? In hierdie leesplan gaan jy ontdek hoe om afguns te oorkom, jou hart te beskerm en in vrede te wandel.

Gebed
3 Weke
Leer hoe om volgens die gebed van gelowiges en volgens die woorde van Jesus te bid. Vind bemoediging om op `n daaglikse en aanhoudende basis jou versoeke met volharding en geduld na God te neem. Ondersoek voorbeelde van leë, selfbehaaglike gebede in vergelykking met opregte gebede van die met rein harte. Bid aanhoudend.