Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 16:20

Bemoediging vir elke-dag-lewe
5 dae
Hierdie leesplan wil jou deur die dag-tot-dag lewe bemoedig. Verskeie uitdagings word daagliks ervaar en soms voel dit of ‘n gebed nie genoeg is nie. Deur ervarings te deel en rustig die Woord te lees, kan baie dinge in beter perspektief geplaas word. As gelowiges het ons juis die opdrag ontvang om mekaar te bemoedig. God wíl in elke faset van jou lewe betrokke wees!

God se Woord vir jou
7 dae
“Die Bybel is meer werd as alle ander boeke wat al ooit gedruk is” (Patrick Henry). Charles Swindoll wys jou hoe om die waarhede in dié belangrike Boek jou eie te maak en in jou lewe toe te pas. Jy sal daagliks geestelik verryk word wanneer jy leer om die ewige waarhede van die Woord te verstaan. Hierdie leesplan is saamgestel uit GOD SE WOORD VIR JOU.

Die Beter Lees Plan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag tot dag lewe kan verbeter? God se Woord is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag plan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.