Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 31:20

Huwelik
5 ditë
Die huwelik is 'n uitdagende dog vervullende verhouding en so dikwels vergeet ons dat die “Ja" of "Ek sal” net die begin is. Die Bybel is gelukkig vol lering oor die huwelik, uit die man sowel as die vrou se perspektief. Die kort Skrifgedeeltes wat jy elke dag sal lees as deel van hierdie leesplan, is so ontwerp om jou te help om te verstaan wat God se doel met die huwelik is—dit sal ook jou verhouding met jou eggenoot laat verdiep.

Meer As Korale
7 dae
Ons almal ken die Spreuke 31-vrou. Daardie pragtige vrou wat meer werd is as edelstene, as asemrowende korale ... Maar moenie geïntimideerd voel nie! Jy kan deur God se genade daardie eienskappe in jouself vestig; een eienskap of deug op ’n slag. In hierdie 7 oordenkings, geneem uit MEER AS KORALE, help Elizabeth George jou om hierdie transformasie af te skop.