Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 4:23

TYDBOM
5 Dae
Ons staar elke dag verskeie uitdagings in die gesig. Polities, ekonomies, met siektes, werk, verliese, angs en druk máár ook intern … daar waar gees en siel kommunikeer, vrae opduik en antwoorde wegkruip. Ons is lewende tydbomme met kort lonte wat soms heel anders vertoon.

Ongelyke Juk in die Huwelik: Uitdagings En Geleenthede
6 dae
Om getroud te wees met iemand wat nie jou geloof in Jesus Christus deel nie, is nie 'n maklike saak nie. Om nie saam te stem oor sjokolade en vanielje nie, is dalk 'n spoedhobbel. Daarenteen, om nie saam te stem oor wêreldbeskouings nie, kan 'n berg wees. Of jy 'n Christen word voor of nadat jy getroud is, of wanneer jy enkellopend is en uitgaan, of aan 'n romantiese verhouding werk, kom ons gesels oor die struikelblokke en geleenthede wat opduik deur in 'n geestelike verhouding te wees wat onaanpasbaar is.

Bruistablette vir die lewe
7 dae
In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkies is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.

Koeke en terte
7 dae
Vir mense wat vir hulself kan lag. Susan Coetzer takel ernstige onderwerpe soos dat jy as vrou goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself en ander te leer waardeer.

7 dae van hoop om eetversteurings te oorkom
7 Dae
Eetversteurings word nie genoeg bespreek nie, dikwels verkeerd verstaan en word selde in samewerking met die Skrif en geloof genoem. Tog, alhoewel die Bybel nie spesifiek die onderwerp aanroer nie, kan ons nog steeds in die Skrif die nodige wysheid, waarheid en genesing vind. In hierdie 7-dag leesplan sal ons verken wat die Skrif sê, leer hoe ons eetversteurings kan oorkom en ons hoop op Jesus herontdek.

Wanneer dit Moeilik is om te Vergewe
7 Dae
Sukkel jy om te vergewe, al weet jy dit is wat God van jou vra? Vergifnis is nie maklik nie, veral wanneer die pyn diep is en die onreg groot. Tog roep Jesus ons om te vergewe – vir ons eie vrymaking. Hierdie 7-dag leesplan neem jou op reis deur die stryd van vergifnis, God se genesing en die vrede wat kom wanneer ons kies om die seer aan Hom oor te gee.

Onverwags
14 Dae
Dit is tyd om vrees agter te laat, vorentoe te beweeg in geloof en om die avontuur aan te gryp. Deur hierdie 14-dae leesplan sal jy jou geloof in 'n goeie God versterk en leer om in die vreugdevolle vryheid van volkome vertroue in Hom te leef, selfs in onverwagte omstandighede.

Die Beter Lees Plan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag tot dag lewe kan verbeter? God se Woord is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag plan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.
