Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 118:24
Oorvloedige Liefde Deur Nina Smit
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan oor God se liefde en oorvloed sal lesers verseker van God se sorg, vergifnis en beskerming en hulle herinner om sy daaglikse seën te waardeer. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos vergifnis, werk en hoop) en ’n gebed en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se “Oorvloedige liefde”.
Met ’n Lied In Die Hart
7 Dae
Voel jou lewe vaal, uitsigloos en vervelig? Het jou lewenslied verdwyn of is die note daarvan net ’n eentonige getokkel? Kom ontdek weer jou lewenslied vol vreugde en dans in God se lig van liefde en verlossing. Hierdie 7-dag-plan is geneem uit Marietjie Joubert se dagboek MET ’N LIED IN DIE HART, en sal jou help om weer by Jesus se voete hoop en inspirasie te kry. Hierdie oordenkings is geneem uit MET ’N LIED IN DIE HART deur Marietjie Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy http://www.cumbooks.co.za/