Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 91:1
Onthou Alles Wat God Gedoen Het
5 Dae
Dit is natuurlik vir ons om na die toekoms te kyk, maar ons moet nie vergeet van die verlede nie. Hierdie plan is geskep vir jou om oor 'n 5 dae periode te herrinner aan alles wat God gedoen het om jou die persoon te maak wie jy vandag is. Elke dag sal jy 'n Bybel leesstuk en 'n kort toeweiding hê om die gebeurtenisse op jou tog met Christus te help onthou.
Dagstukkies vir besige vroue
7 dae
Bekende vroue soos Christelle Webb-Joubert, Benescke Janse van Rensburg, Christine Ferreira, Helenè Bester, Chanté Hinds-Moller, Lizette Murray en Bertha le Roux-Wahl bring boodskappe van hoop vir ma’s. Hulle herinner jou dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou, Hy weet wat jy nodig het.
Die Here Is My Herder
7 dae
Het God al ooit vir jou ver gevoel? Oorverdowend stil wanneer jy Hom die nodigste het? Lizette Murray lei ons in hierdie 7 dagstukke uit haar dagboek DIE HERE IS MY HERDER om opnuut te ontdek dat God ons nooit verlaat nie. Hy is áltyd by ons. Hy is daar in die vreugdes van die lewe, maar ook in die hartseer en donker tye.
Die vrede van Kersfees
7 dae
Ons dink aan die Kind, die Seun van God, wat uit die hemel gekom het om vir ons vrede en verlossing te bring. Dit is waaroor Christenskap gaan, veral tydens die Kerstyd. Dit is nou die tyd om die Kind van Vrede te verheerlik. Onthou in hierdie tyd waaroor Kersfees eintlik gaan.
Wanneer ek in die donker skaduwees loop
7 Dae
Dit gebeur so dikwels dat ons beleef God is "weg". Ek beleef nie meer sy teenwoordigheid nie. Hy werk nie meer soos Hy altyd gewerk het nie. Ek kry nie antwoorde op my gebede nie. Waar is Hy nou? Het Hy sy rug op my gedraai? Het Hy my nie meer lief nie? Hierdie leesplan sal sommige van hierdie vrae beantwoord.
Hoop Vir Elke Môre
10 dae
Waarvoor hoop jy vandag? Is daar iets nuuts wat jy graag sou wou probeer? Het jy ’n doelwit wat jy graag wil bereik? Kom ons begin leef in hoop. Want al weet ons dat ons voor uitdagings te staan sal kom, wéét ons God is getrou! Kom ons staan elke dag op met HOOP en leef dit uit! Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR ELKE MÔRE deur Joanna Teigen.