Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 10:9

Waarom Jesus?
5 dae
Baie mense is vandag nog gefassineer deur Jesus. Waarom is daar soveel belangstelling in iemand wat 2 000 jaar gelede geleef het? Waarom sou mens die moeite doen om uit te vind? In hierdie vyfdag-leesplan, aangepas uit Nicky Gumbel se boek, Why Jesus, sal jy antwoorde kry oor Jesus se identiteit, waarom hy aarde toe gekom het om te sterf en waarom ons hom so desperaat nodig het.

Wat is volgende: Studente Uitgawe
7 Dae
Hierdie 7-dag grondslag leesplan, sal jou deur God se Woord neem om jou te help om te ontdek wie God is en wie Hy jou gemaak het om te wees.
Vroue Van Die Bybel
7 Dae
Om God te volg is beslis nie aldag maklik nie! Nie vandag nie, en ook nie 2 000 jaar gelede nie. In hierdie leesplan kan jy stilstaan by ses inspirerende vroue uit die Bybel en sien hoe hulle God gevolg het – ten spyte van hul tekortkominge en mislukkings. Hierdie leesplan is saamgestel uit VROUE VAN DIE BYBEL deur Wayne Barber, Eddie Rasnake en Richard Shepherd.

Leef vir die ewigheid
7 Dae
Jesus het vir Tomas gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie” (Johannes 14:6, NLV). Jesus is die enigste pad wat ons by die ewige lewe sal uitbring. Tomas het nie besef die pad is reg voor sy oë nie. Angus Buchan wil jou herinner dat jy dit ook nie moet miskyk nie!

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees
8 dae
Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die evangelie baie maklik vir iemand te verduidelik.

Deel Jesus met Vertroue
10 dae
Deel die Goeie Nuus van Jesus! "Dit is nie so maklik nie," sal jy dalk sê. Maar dit is ons opdrag — Jesus het daardie opdrag uitgeleef en oorgegee aan sy volgelinge. In hierdie 10-dag leesplan wil Willie Robertson jou inspireer, toerus en uitdaag om iemand te word wat Jesus se evangelie met vertroue aan ander uitdra en gereed is wanneer jy die geleentheid kry.

Delf dieper deur Romeine
25 Dae
Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van 'n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na 'n vars verhouding met die Here Jesus Christus.