Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 8:26

Die Ontmoeting
3 dae
Vas help ons geestelike lewe om vooruit te gaan en die Skrif moedig hierdie gebruik aan. Dié tyd waarin jy jou liggaam iets fisiek ontsê, bevorder jou geestelike groei en gee jou die geleentheid om Jesus se nabyheid te ervaar. In hierdie leesplan wil Gretchen Rodriguez jou help om jou hart op ’n reis te neem van heilige ontdekking terwyl jy vas en God soek.

Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof
7 dae
Die slegte nuus: Jy sal nie vanself daartoe in staat wees om te kwalifiseer om deel van God se familie te wees nie. Die goeie nuus: God is lief vir jou en het 'n weg berei om jou sonde te vergewe, jou deel van God se familie te maak en van binne na buite te transformeer! Terwyl jy Romeine bestudeer ontdek jy die mees volledige aanbieding van die evangelie!

Vreugde op die Reis: Vind Hoop Te Midde Van Beproewing
7 Dae
Ons sien of voel dit dalk nie altyd nie, maar God is altyd met ons ... selfs wanneer ons deur moeilike dinge gaan. In hierdie leesplan skryf "Finding Hope" koördineerder, Amy LaRue, uit die hart oor haar eie gesin se stryd met verslawing en hoe God se vreugde in hul donkerste tye deurgebreek het.

Kom saam, Jesus roep jou
7 Dae
Ek wil jou so graag meer van Jesus vertel. Daarom wil ek jou graag uitnooi: “Kom saam met my. Jesus roep jou!” Kom ons leer hierdie week saam ietsie kleins by Matteus, Markus, Lukas, Johannes, Paulus, Jakobus en Petrus. Ons gaan kyk na die briewe in die Bybel wat hierdie Jesusvolgelinge oor Hom geskryf het.

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif
8 dae
Hierdie leesplan volg die tema van die Eksodus-weg deur fundamentele verhale in die Ou Testament, sleutelvertellings oor Johannes die Doper, Jesus — en ander gedeeltes waar die hele skepping verlossing ervaar. Saam stel hierdie gedeeltes die eksodus nie as een gebeurtenis voor nie, maar as God se primêre manier van redding – ’n uitweg uit die duisternis, deur herskepping en 'n nuwe lewe in.

Delf dieper deur Romeine
25 Dae
Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van 'n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na 'n vars verhouding met die Here Jesus Christus.

Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo
28 dae
Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.

BibleProject | Advent Oordenkings
28 dae
BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.
