Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 8:31

'n Ouer se Gids tot 'n Nuwe Baba: Lyding en Selfsorg
5 Dae
Die koms van 'n baba verander alles. Dit is asof hierdie klein lewe die nuwe swaartepunt word wat die res van jou heelal in sy wentelbaan intrek. Dit is moeilik om jouself voor te berei op iets so onbekend soos die koms van 'n pasgeborene. Berei prakties en geestelik voor om te verseker dat jy gedurende een van die mooiste, maar ook moeilikste tydperke van jou lewe gedy, en dit ten volle geniet.

God Se Liefde in Breë Trekke
5 dae
Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog, het Bart gesê: Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God.

Huwelikskrisis
6 dae
Die meeste van ons weet dat die huwelik nie altyd 'n wittebrood is nie, maar niemand is voorbereid op 'n huwelikskrisis nie. Ongelukkig bedreig diep wonde, buite-egtelike verhoudings, verslawing en egskeiding soveel huwelike. Daar is egter goeie nuus: dit maak nie saak watter krisis jou in die gesig staar nie, in Christus is daar steeds hoop. Wil jy meer hiervan weet? Begin hierdie hoopgevulde leesplan deur finds.life.church.

Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof
7 dae
Die slegte nuus: Jy sal nie vanself daartoe in staat wees om te kwalifiseer om deel van God se familie te wees nie. Die goeie nuus: God is lief vir jou en het 'n weg berei om jou sonde te vergewe, jou deel van God se familie te maak en van binne na buite te transformeer! Terwyl jy Romeine bestudeer ontdek jy die mees volledige aanbieding van die evangelie!

Herwin Jou Vertroue in God
7 Dae
Voel jy dat jou vertroue in die Here werklik die afgelope tyd uitgedaag is? Miskien het 'n geliefde gesterf wat jy geglo het volkome sou genees? Jy mag dalk wonder – kan ek Hom nog vertrou? Hierdie leesplan sal jou help om jou vertroue in die Here te herwin en jou geloof versterk in die wete dat die Here jou werklik liefhet.

Kom saam, Jesus roep jou
7 Dae
Ek wil jou so graag meer van Jesus vertel. Daarom wil ek jou graag uitnooi: “Kom saam met my. Jesus roep jou!” Kom ons leer hierdie week saam ietsie kleins by Matteus, Markus, Lukas, Johannes, Paulus, Jakobus en Petrus. Ons gaan kyk na die briewe in die Bybel wat hierdie Jesusvolgelinge oor Hom geskryf het.

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid
7 Dae
Hierdie 7-dag leesplan wil jou help met ‘n dieper begrip van die werklikheid dat ons nou ingesluit is in Christus en sy heerlikheid. Dit sal jou identiteit in Christus versterk en jou bemagtig om met vrymoedigheid in en vir sy heerlikheid te leef. “Ingesluit in Sy Heerlikheid” is nie net ‘n konsep of ‘n tema nie – dit is die realiteit van wie jy is. As jy in Jesus glo, is jy IN CHRISTUS.

Dít Het Jesus Nooit Gesê Nie
21 dae
Daar word baie keer verkeerdelik geglo of oorgedra wat hulle dink Jesus gesê het. Mense glo dan iets wat nie altyd waar is nie. In hierdie leesplan deur skrywer Andries Enslin: “Dít het Jesus nooit gesê nie” word feit en fiksie geskei. Daar word duidelik gesê wat die wêreld glo Jesus sê en wat Hy werklik gesê het.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.

Delf dieper deur Romeine
25 Dae
Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van 'n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na 'n vars verhouding met die Here Jesus Christus.