Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 8:35

Skeppingsdoel van die Mens
3 Dae
Die skeppingsdoel van die mens is God se liefdesplan met sy liefdeskepsel. In hierdiee leesplan fokus ons op die liefdevolle Vaderhart van God vir elke mens. God het die mens innig lief en Hy het ʼn kosbare plan met elke mens se lewe.

'n Ouer se Gids tot 'n Nuwe Baba: Lyding en Selfsorg
5 Dae
Die koms van 'n baba verander alles. Dit is asof hierdie klein lewe die nuwe swaartepunt word wat die res van jou heelal in sy wentelbaan intrek. Dit is moeilik om jouself voor te berei op iets so onbekend soos die koms van 'n pasgeborene. Berei prakties en geestelik voor om te verseker dat jy gedurende een van die mooiste, maar ook moeilikste tydperke van jou lewe gedy, en dit ten volle geniet.

God Se Liefde in Breë Trekke
5 dae
Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog, het Bart gesê: Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God.

Ewige Sekerheid
7 Dae
Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te verstaan hoekom jou redding in Christus verseker is en jou ook help om die soort lewe na te streef wat God vir jou begeer.

Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof
7 dae
Die slegte nuus: Jy sal nie vanself daartoe in staat wees om te kwalifiseer om deel van God se familie te wees nie. Die goeie nuus: God is lief vir jou en het 'n weg berei om jou sonde te vergewe, jou deel van God se familie te maak en van binne na buite te transformeer! Terwyl jy Romeine bestudeer ontdek jy die mees volledige aanbieding van die evangelie!

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen
7 Dae
Die meeste lewensgevegte word in ons denke gewen of verloor. Hoe kan ons egter begin om meer van hierdie gevegte te wen? In hierdie 7-dag Bybelleesplan uit die boek van Pastoor Craig Groeschel van Life.Church, sal ons ontdek hoe om giftige gedagtes te beveg, om gedagtes wat buite beheer raak te oorkom, en om die oorlog in ons denke te begin wen, deur gebruik te maak van God se waarheid as ons gevegsplan.

7 dae van hoop om eetversteurings te oorkom
7 Dae
Eetversteurings word nie genoeg bespreek nie, dikwels verkeerd verstaan en word selde in samewerking met die Skrif en geloof genoem. Tog, alhoewel die Bybel nie spesifiek die onderwerp aanroer nie, kan ons nog steeds in die Skrif die nodige wysheid, waarheid en genesing vind. In hierdie 7-dag leesplan sal ons verken wat die Skrif sê, leer hoe ons eetversteurings kan oorkom en ons hoop op Jesus herontdek.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing
7 dae
Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

Kom saam, Jesus roep jou
7 Dae
Ek wil jou so graag meer van Jesus vertel. Daarom wil ek jou graag uitnooi: “Kom saam met my. Jesus roep jou!” Kom ons leer hierdie week saam ietsie kleins by Matteus, Markus, Lukas, Johannes, Paulus, Jakobus en Petrus. Ons gaan kyk na die briewe in die Bybel wat hierdie Jesusvolgelinge oor Hom geskryf het.

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid
7 Dae
Hierdie 7-dag leesplan wil jou help met ‘n dieper begrip van die werklikheid dat ons nou ingesluit is in Christus en sy heerlikheid. Dit sal jou identiteit in Christus versterk en jou bemagtig om met vrymoedigheid in en vir sy heerlikheid te leef. “Ingesluit in Sy Heerlikheid” is nie net ‘n konsep of ‘n tema nie – dit is die realiteit van wie jy is. As jy in Jesus glo, is jy IN CHRISTUS.