Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 8:35

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

Om Soos Jesus Lief te Hê
13 Dae
Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eerstens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef en Soos Jesus Lief te Hê.

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak
13 dae
Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesplan wil help om hierdie pyn te hanteer en te verduidelik wie God die Vader is.

Krag Vir Elke Dag
14 dae
Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemoedigende dagstukkies sal jou daagliks versterk en – ongeag die situasie of seisoen waarin jy is – aan jou krag, moed en die vreugde bied vir elke nuwe dag.

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

Delf dieper deur Romeine
25 Dae
Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van 'n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na 'n vars verhouding met die Here Jesus Christus.

BibleProject | Advent Oordenkings
28 dae
BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.