1
EKSODUS 5:1
Nuwe Lewende Vertaling
Nadat hulle met die leiers gepraat het, het Moses en Aäron na die farao gegaan. Hulle sê toe vir hom: “Hoor wat sê die HERE, die God van Israel: ‘Jy moet my volk toelaat om in die woestyn vir My ’n fees te gaan hou.’”
Vergelyk
Verken EKSODUS 5:1
2
EKSODUS 5:23
Vandat ek by die farao gekom het om vir hom te sê wat U van hom eis, het hy hierdie volk net al slegter behandel. U het nog nie ’n ding gedoen om u volk te red nie!”
Verken EKSODUS 5:23
3
EKSODUS 5:22
Moses het na die HERE toe teruggegaan en by Hom gekla: “Here, hoekom maak U so lelik met u eie mense? Waarom het U my dan gestuur?
Verken EKSODUS 5:22
4
EKSODUS 5:2
Maar die farao spot toe en vra: “Wie is hierdie ‘HERE’ nogal dat ek na hom moet luister om Israel te laat gaan? Ek ken nie ’n ‘HERE’ nie. Ek sal Israel ook nie toelaat om te gaan nie.”
Verken EKSODUS 5:2
5
EKSODUS 5:8-9
Hulle moet egter net soveel stene maak soos altyd. Julle mag nie die hoeveelhede verminder nie. Hulle het lui geword. Dis hoekom hulle kom kerm om vir hulle God te gaan offer. Maak die werk nog swaarder vir die mans. Laat hulle sweet sodat hulle nie sulke slimstories kan uitdink nie.”
Verken EKSODUS 5:8-9
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's