1
JEREMIA 23:24
Nuwe Lewende Vertaling
Dink enigiemand hulle kan vir My wegkruip en Ek sal hulle nie sien nie? Is Ek nie oral, in die hemel en op die aarde nie?” vra die HERE.
Vergelyk
Verken JEREMIA 23:24
2
JEREMIA 23:5-6
Die HERE sê verder: “Daar sal ’n tyd kom wanneer Ek weer ’n wettige afstammeling uit Dawid se familie koning sal maak. Hy sal ’n verstandige koning wees. Hy sal sorg dat reg geskied en almal in die land regverdige behandeling ontvang. “Sy naam sal wees: ‘Die HERE is ons geregtigheid.’ Terwyl hy regeer, sal Juda vrykom van al hulle vyande en Israel sal veilig leef.”
Verken JEREMIA 23:5-6
3
JEREMIA 23:1
Die HERE sê: “Dit sal sleg gaan met die leiers, die herders van my volk. Hulle het my mense wat hulle moes versorg, uitmekaar laat spat en laat afdwaal.”
Verken JEREMIA 23:1
4
JEREMIA 23:3-4
Daar is van my mense wat oorleef het in die lande waarheen Ek hulle verdryf het. Ek sal hulle almal bymekaarmaak en hulle na hulle eie land toe terugbring. Hulle sal baie kinders hê en weer groei in getalle. Dan sal Ek nuwe leiers voorsien wat na hulle sal omsien. Hulle hoef nooit weer bang of verskrik te wees nie. Nie een van hulle sal verlore raak nie,” sê die HERE.
Verken JEREMIA 23:3-4
5
JEREMIA 23:16
Die HERE, die Almagtige, sê: “Moenie luister na hierdie profete nie. Hulle boodskappe skep vals hoop by julle. Die visioene wat hulle oordra, kom nie van die HERE af nie. Dit kom van hulleself af!
Verken JEREMIA 23:16
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's