1
MATTEUS 12:36-37
Nuwe Lewende Vertaling
Dít verseker Ek julle, julle sal op die oordeelsdag rekenskap moet gee van elke onverskillige woord wat julle sê. Op grond van wat jy nou sê, sal jy eendag vrygespreek of veroordeel word.”
Vergelyk
Verken MATTEUS 12:36-37
2
MATTEUS 12:34
“Julle nes van adders! Julle is sleg. Daarom is dit vir julle onmoontlik om goeie dinge te praat. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.
Verken MATTEUS 12:34
3
MATTEUS 12:35
’n Goeie mens bring uit die oorvloed goeie dinge in sy hart goeie dinge te voorskyn en ’n slegte mens bring uit die oorvloed slegte dinge in sy hart die slegte te voorskyn.
Verken MATTEUS 12:35
4
MATTEUS 12:31
“Dít verseker Ek julle: God sal elke sonde of lastering vergewe, maar lastering teen die Heilige Gees sal Hy nie vergewe nie.
Verken MATTEUS 12:31
5
MATTEUS 12:33
“’n Boom word aan sy vrugte geken. ’n Goeie boom kan nie anders as om goeie vrugte te dra nie. En ’n slegte boom kan nie anders as om slegte vrugte te dra nie.
Verken MATTEUS 12:33
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's