“Ek aanvaar die Leviete uit al die Israeliete as die plaasvervangers vir die seuns wat eerste gebore word. Die Leviete sal aan My behoort. Al die seuns wat eerste gebore word, behoort mos aan My. Sedert Ek al die oudste seuns van die Egiptenaars doodgemaak het, het Ek die eerste een wat van mense en diere gebore word in Israel vir Myself opgeëis. Hulle behoort aan My.”