1
OPENBARING 19:7
Nuwe Lewende Vertaling
laat ons juig en jubel en aan Hom eer betoon, want die tyd het aangebreek vir die bruilof van die Lam, en sy bruid het haarself daarop voorberei.
Vergelyk
Verken OPENBARING 19:7
2
OPENBARING 19:16
Op sy kleed, by die heup, was ’n Naam geskryf: “Koning van die konings en Here van die heersers.”
Verken OPENBARING 19:16
3
OPENBARING 19:11
Toe het ek gesien die hemel is oopgemaak. En kyk! Daar verskyn ’n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en Betroubare genoem. Hy oordeel op ’n regverdige manier en voer ook só oorlog.
Verken OPENBARING 19:11
4
OPENBARING 19:12-13
Sy oë was soos ’n vuurvlam, en op sy kop was daar baie heerserskrone. Op Hom was ’n Naam geskryf wat niemand anders as net Hyself geken het nie. Hy het klere aangehad wat in bloed gedoop is, en sy Naam was: Die Woord van God.
Verken OPENBARING 19:12-13
5
OPENBARING 19:15
Uit sy mond het daar toe ’n skerp swaard gekom om die nasies mee te verslaan, en Hy sal hulle soos met ’n ysterstaf beheer. Hy sal self die parskuip vir die wyn trap, dit is die wyn van die toorn en woede van God, die Almagtige.
Verken OPENBARING 19:15
6
OPENBARING 19:20
Maar die monster is gevange geneem en saam met hom ook die vals profeet wat die wondertekens ter ondersteuning van die monster gedoen het. Daarmee het hy die mense verlei wat die merkteken van die monster gedra en sy standbeeld aanbid het. Dié twee is lewendig in die vuurpoel gegooi wat met swael brand.
Verken OPENBARING 19:20
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's