1
Esegiël 37:4-5
Bybel vir almal
Toe sê die Here vir my: “Jy moet my boodskap bring vir hierdie bene, jy moet vir hulle sê: Droë bene, julle moet hoor wat sê die Here. Die Here, Hy wat Here is, sê vir hierdie bene: Luister, Ek sal asem in julle laat kom, en julle sal lewe.
Vergelyk
Verken Esegiël 37:4-5
2
Esegiël 37:6
Ek sal spiere aan julle sit, Ek sal vleis oor julle laat kom en Ek sal vel oor julle sit. Ek sal asem in julle gee, en julle sal lewe. Julle sal weet dat Ek die Here is.”
Verken Esegiël 37:6
3
Esegiël 37:3
Die Here het vir my gevra: “Mens, kan hierdie bene weer lewe?” Ek het geantwoord: “Here, U wat Here is, net U weet dit.”
Verken Esegiël 37:3
4
Esegiël 37:1-2
Ek het gevoel die Here sit sy hand op my. Hy het sy Gees gestuur om my uit die stad te bring en Hy het my neergesit in 'n vallei. Die vallei was vol bene van mense wat dood is. Die Gees het gesê ek moet rondom die bene loop. Daar was baie bene in die vallei, en die bene was baie droog.
Verken Esegiël 37:1-2
5
Esegiël 37:7-8
Ek het die boodskap vir die bene gebring soos die Here vir my gesê het. Terwyl ek dit gedoen het, het ek iets gehoor. Dit was 'n aardbewing. En toe kom al die bene na mekaar toe, elke been het gekom na die been wat by hom pas. En terwyl ek kyk, het daar spiere aan die bene gekom, vleis het die bene toegemaak, en daar het 'n vel oor die bene gekom. Maar daar was nie asem in hulle nie.
Verken Esegiël 37:7-8
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's