Maar God is sterker as sterk mense.
Wanneer Hy besluit om iets te doen,
dan kan die mens wat slegte dinge doen,
nie aanhou lewe nie.
God laat daardie mens veilig voel,
hy dink dat God hom help,
maar God sien alles wat hy doen.
Mense wat verkeerde dinge doen,
is net 'n kort tydjie belangrik,
maar dan verdwyn hulle.
God laat hulle sterf
soos al die plante
wat droog word en verlep,
hulle sterf soos koring-are
wanneer mense dit afsny.