1
Lukas 13:24
Bybel vir almal
“Julle moet hard probeer om by die klein deurtjie in te gaan, want Ek sê vir julle: Baie mense sal die deur soek om in te gaan, maar hulle sal dit nie kry nie.
Vergelyk
Verken Lukas 13:24
2
Lukas 13:11-12
Daar was 'n vrou wat gebreklik was, 'n onrein gees het haar 18 jaar lank gebreklik gemaak. Sy het krom geloop en sy kon nie regop staan nie. Toe Jesus haar sien, het Hy haar geroep en vir haar gesê: “Mevrou, God maak jou gesond.”
Verken Lukas 13:11-12
3
Lukas 13:13
Toe sit Jesus sy hande op haar, en sy het dadelik regop geloop en begin om God te prys.
Verken Lukas 13:13
4
Lukas 13:30
Julle moet dit goed verstaan: Baie mense wat nou onbelangrik is, sal dan belangrik wees, en mense wat nou belangrik is, sal dan onbelangrik wees.”
Verken Lukas 13:30
5
Lukas 13:25
Die tyd sal kom wanneer die eienaar van die huis sal opstaan en die deur sal toesluit. Dan sal julle buite staan en begin klop aan die deur. Julle sal sê: ‘Meneer, maak oop die deur vir ons.’ Maar die eienaar sal vir julle sê: ‘Ek ken julle nie, ek weet nie van waar julle kom nie.’
Verken Lukas 13:25
6
Lukas 13:5
Nee, Ek sê vir julle: Hulle het nie meer verkeerd gedoen nie. Maar as julle nie verander en lewe soos God wil hê nie, dan sal julle ook sterf.”
Verken Lukas 13:5
7
Lukas 13:27
Maar die eienaar sal vir julle sê: ‘Ek ken julle nie, ek weet nie van waar julle kom nie. Julle almal moet weggaan van my, julle het gedoen wat verkeerd is.’
Verken Lukas 13:27
8
Lukas 13:18-19
Jesus het ook gesê: “Weet julle hoe dit is wanneer God Koning is? Ek sal dit vir julle so verduidelik. Dit is soos 'n mosterd-saad wat iemand in sy tuin plant. Die saad groei en dit word 'n boom, en die voëls maak hulle neste in sy takke.”
Verken Lukas 13:18-19
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's