1
1 Korinthiërs 2:9
Die Bybel 2020-vertaling
Maar soos daar geskryf staan: “Wat die oog nie gesien het, die oor nie gehoor het, en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie – dit het God voorberei vir diegene wat Hom liefhet.”
Vergelyk
Verken 1 Korinthiërs 2:9
2
1 Korinthiërs 2:14
Maar 'n niegeestelike mens aanvaar nie wat van die Gees van God kom nie; vir hom is dit immers dwaasheid, en hy kan dit nie begryp nie, omdat dit slegs geestelik beoordeel kan word.
Verken 1 Korinthiërs 2:14
3
1 Korinthiërs 2:10
Maar aan ons het God dit deur die Gees geopenbaar; want die Gees ondersoek alles, ook die dieptes van God.
Verken 1 Korinthiërs 2:10
4
1 Korinthiërs 2:12
Ons het tog nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat van God kom, sodat ons kan weet wat God genadiglik aan ons geskenk het.
Verken 1 Korinthiërs 2:12
5
1 Korinthiërs 2:4-5
My lering en my verkondiging het nie berus op oorredende woorde van wysheid nie, maar op bewyse van die Gees en van krag, sodat julle geloof nie op die wysheid van mense berus nie, maar op die krag van God.
Verken 1 Korinthiërs 2:4-5
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's