1
1 Timoteus 6:12
Die Bybel 2020-vertaling
Stry die goeie stryd van die geloof; gryp die ewige lewe aan, waartoe jy geroep is en waarvan jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.
Vergelyk
Verken 1 Timoteus 6:12
2
1 Timoteus 6:10
Want geldgierigheid is die wortel van alle kwaad. Die hunkering na rykdom het sommige mense laat afdwaal van die geloof, en hulle het hulleself met baie smarte deurboor.
Verken 1 Timoteus 6:10
3
1 Timoteus 6:6
Wat wel 'n groot wins is, is godvresendheid wat met tevredenheid gepaardgaan.
Verken 1 Timoteus 6:6
4
1 Timoteus 6:7
Ons het immers niks in die wêreld ingebring nie, en ons kan niks daaruit wegneem nie
Verken 1 Timoteus 6:7
5
1 Timoteus 6:17
Beveel die rykes in die huidige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie, en nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom te vestig nie, maar op God, wat alle dinge in oorvloed aan ons gee om te geniet.
Verken 1 Timoteus 6:17
6
1 Timoteus 6:9
Wie ryk wil wees, val in versoeking en 'n strik, en baie dwase en skadelike begeertes wat mense meesleur na ondergang en vernietiging.
Verken 1 Timoteus 6:9
7
1 Timoteus 6:18-19
Beveel hulle om eerder goed te doen, ryk aan goeie dade, vrygewig en mededeelsaam te wees, om sodoende vir hulleself 'n skat op te bou as goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe kan verkry.
Verken 1 Timoteus 6:18-19
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's