1
2 Johannes 1:6
Die Boodskap
Liefde is mos niks anders as om volgens die wil van God te leef nie. En wat wil God dan van ons hê? Dít: wat ons doen, moet ons in liefde doen. Ons weet dit al van die eerste dag af dat ons die evangelie gehoor het.
Vergelyk
Verken 2 Johannes 1:6
2
2 Johannes 1:9
Daar is dus twee moontlikhede: Iemand kan vierkant agter die leer oor Jesus bly staan en so aan die kant van die Vader en die Seun bly staan. Iemand kan in ’n ander rigting koers kry en nie vas bly staan by die leer oor Jesus nie. So ’n persoon staan nie aan die kant van God nie.
Verken 2 Johannes 1:9
3
2 Johannes 1:8
Moenie toelaat dat ons werk onder julle ontspoor nie. Julle moet mos nog die volle beloning van God ontvang.
Verken 2 Johannes 1:8
4
2 Johannes 1:7
Nou iets anders. Pas op! Die wêreld is vol mense wat ander om die bos wil lei. Hulle ontken dat Jesus Christus regtig mens van vlees en bloed geword het. Iemand wat so sê, is die misleier en die antichris. Wees daarom op julle hoede.
Verken 2 Johannes 1:7
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's