1
1 JOHANNES 3:18
Afrikaans 1983
Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.
Vergelyk
Verken 1 JOHANNES 3:18
2
1 JOHANNES 3:16
Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê.
Verken 1 JOHANNES 3:16
3
1 JOHANNES 3:1
Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.
Verken 1 JOHANNES 3:1
4
1 JOHANNES 3:8
wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.
Verken 1 JOHANNES 3:8
5
1 JOHANNES 3:9
Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is.
Verken 1 JOHANNES 3:9
6
1 JOHANNES 3:17
Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees?
Verken 1 JOHANNES 3:17
7
1 JOHANNES 3:24
Wie sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in hom. Hiéraan weet ons dat Hy in ons bly: Hy het ons sy Gees gegee.
Verken 1 JOHANNES 3:24
8
1 JOHANNES 3:10
Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie.
Verken 1 JOHANNES 3:10
9
1 JOHANNES 3:11
Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê.
Verken 1 JOHANNES 3:11
10
1 JOHANNES 3:13
Broers, moenie verbaas wees as die wêreld julle haat nie.
Verken 1 JOHANNES 3:13
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's