1
2 KORINTIËRS 4:18
Afrikaans 1983
Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
Vergelyk
Verken 2 KORINTIËRS 4:18
2
2 KORINTIËRS 4:16-17
Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.
Verken 2 KORINTIËRS 4:16-17
3
2 KORINTIËRS 4:8-9
In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie.
Verken 2 KORINTIËRS 4:8-9
4
2 KORINTIËRS 4:7
Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.
Verken 2 KORINTIËRS 4:7
5
2 KORINTIËRS 4:4
Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is.
Verken 2 KORINTIËRS 4:4
6
2 KORINTIËRS 4:6
God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte 'n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.
Verken 2 KORINTIËRS 4:6
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's