1
GENESIS 11:6-7
Afrikaans 1983
en toe sê Hy: “Hier is hulle een volk en almal het een taal. Hulle het nog maar net begin om iets te doen. Hierna sal niks wat hulle beplan vir hulle onmoontlik wees nie. Kom laat Ons afgaan en verwarring bring in hulle taal, sodat die een nie die ander verstaan nie.”
Vergelyk
Verken GENESIS 11:6-7
2
GENESIS 11:4
Toe sê hulle: “Kom ons bou vir ons 'n stad met 'n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons 'n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie.”
Verken GENESIS 11:4
3
GENESIS 11:9
Daarom het hulle die stad Babel genoem, want daar het die Here in die taal van die aarde verwarring gebring, en van daar af het Hy die mense oor die hele aarde verstrooi.
Verken GENESIS 11:9
4
GENESIS 11:1
Die hele wêreld het net een taal gepraat.
Verken GENESIS 11:1
5
GENESIS 11:5
Die Here het afgekom om te kyk na die stad en die toring wat die mense vir hulle gebou het
Verken GENESIS 11:5
6
GENESIS 11:8
Die Here het hulle toe van daar af verstrooi oor die hele aarde, en hulle het opgehou met die bou van die stad.
Verken GENESIS 11:8
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's