1
JOHANNES 13:34-35
Afrikaans 1983
Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
Vergelyk
Verken JOHANNES 13:34-35
2
JOHANNES 13:14-15
As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.
Verken JOHANNES 13:14-15
3
JOHANNES 13:7
En Jesus antwoord hom: “Wat Ek doen, begryp jy nie nóú nie, maar later sal jy dit verstaan.”
Verken JOHANNES 13:7
4
JOHANNES 13:16
Dít verseker Ek julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie.
Verken JOHANNES 13:16
5
JOHANNES 13:17
Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.”
Verken JOHANNES 13:17
6
JOHANNES 13:4-5
Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.
Verken JOHANNES 13:4-5
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's