1 KORINTIËRS 5:9-13

1 KORINTIËRS 5:9-13 NLV

In my vorige brief het ek vir julle geskryf dat julle nie met mense moet assosieer wat ’n onsedelike lewe lei nie. Daarmee het ek hoegenaamd nie die ongelowiges van die wêreld bedoel wat ’n onsedelike lewe lei of gierigaards of swendelaars of afgodsdienaars is nie. Om dit reg te kry sou julle hierdie wêreld moes verlaat! Wat ek bedoel het, is wat ek nou in hierdie brief bevestig: Julle moenie in die gemeente assosieer met iemand wat op Christenskap aanspraak maak en ten spyte daarvan ’n onsedelike lewe lei of ’n gierigaard of afgodsdienaar of kwaadsteker of dronkaard of swendelaar is nie. Julle moenie eers saam met so iemand eet nie. Dis nie my taak om oor die buitestanders te oordeel nie. Maar dit is tog sekerlik julle verantwoordelikheid om te oordeel oor dié binne die gemeente wat hulle op hierdie manier skuldig maak. Gód sal sy oordeel vel oor hulle wat buite staan. Maar die Skrif sê: “Julle moet die slegte persoon uit julle midde verwyder.”