1 SAMUEL 2:27-29

1 SAMUEL 2:27-29 NLV

Op ’n dag kom ’n man van God by Eli met die volgende boodskap van die HERE: “Ek het Myself duidelik aan jou voorouers bekendgemaak toe die Israeliete in Egipte slawe van die farao was. Ek het jou vader Aäron uit al sy bloedverwante gekies om offers op my altaar te offer, om wierook te brand en om die priesterlike skouerkleed te dra wanneer hy My dien. Ek het die vuuroffers van die Israeliete aan jou familie gegee. Hoekom minag julle dan my diere-offer en graanoffer wat Ek in my woning voorgeskryf het? Hoekom het jy meer respek vir jou seuns as vir My? Julle het vet geword van die beste van die offers van my volk Israel!