2 KONINGS 6:5-7

2 KONINGS 6:5-7 NLV

Terwyl een van hulle besig was om ’n boom te kap, val sy byl in die water. “Ag, Meneer!” roep hy uit. “Dit is ’n geleende byl!” “Waar het dit ingeval?” vra die man van God. Die man wys toe vir hom die plek. Elisa het ’n stok afgekap en dit in die water gegooi. Die byl het boontoe gekom en gedryf. “Gryp dit,” sê Elisa vir hom. Die man het sy hand uitgesteek en dit gegryp.