2 SAMUEL 12:20-23

2 SAMUEL 12:20-23 NLV

Toe het Dawid van die grond af opgestaan, homself gewas en reukolie aangesmeer. Nadat hy skoon klere aangetrek het, het hy in die heiligdom ingegaan en daar aanbid. Daarna het hy na die paleis toe teruggegaan en kos gevra. Hulle het dit gebring en hy het geëet. Maar sy amptenare vra vir hom: “Hoe moet ons nou u optrede verstaan? Terwyl die kind nog gelewe het, het u gehuil en gevas. Maar noudat die seun dood is, het u opgestaan en geëet.” Dawid antwoord hulle: “Terwyl die kind nog gelewe het, het ek gevas en gehuil, want ek het gedink: ‘Miskien sal die HERE genadig wees en die kind laat lewe.’ Maar nou is hy dood! Hoekom moet ek nou nog vas? Kan ek hom weer terugbring? Eendag sal ek na hom toe gaan, maar hy kan nie na my toe terugkom nie.”