in die tyd toe Ek rigters aangestel het om oor my volk te heers nie. Ek sal jou rus gee van al jou vyande. “‘Nou verklaar die HERE dat Hy vir jou ’n koningshuis sal bou. Wanneer jy sterf en by jou voorouers begrawe word, sal Ek een uit jou nageslag, jou eie seun, in jou plek koning maak en Ek sal sy koninkryk vas laat staan. Hy sal tot eer van my Naam ’n huis bou en Ek sal sy troon bevestig vir altyd. Ek sal vir hom soos ’n vader wees, en hy sal vir My ’n seun wees. As hy oortree, sal Ek hom bestraf deur mense en menslike middels. Maar my troue liefde sal Ek nie van hom af wegneem soos Ek dit tot jou voordeel van Saul af weggeneem het nie. Jou koningshuis en jou koninkryk sal vir altyd vasstaan en jou troon sal vir altyd voortbestaan.’” Natan het toe na Dawid toe teruggegaan en hom alles vertel wat die HERE gesê het.
Lees 2 SAMUEL 7
Luister na 2 SAMUEL 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 SAMUEL 7:11-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's