KOLOSSENSE 2:1-10

KOLOSSENSE 2:1-10 NLV

Ek wil hê julle moet weet hoe hard ek stry – vir julle, vir die gelowiges in Laodisea en vir al die ander gelowiges wat my nog nie persoonlik ontmoet het nie. Dit is my doel dat hulle moed sal skep en deur liefde aan mekaar verbind sal wees. Ek wil hê dat hulle insig skatryk en oorvloedig sal wees, ja, dat hulle God se geheim heeltemal moet ken, naamlik: Christus. In die eenheidsband met Christus is al die geheime skatte van wysheid en kennis te vind. Ek skryf dit vir julle sodat niemand julle met mooipraatjies om die bos kan lei nie. Al is ek nie persoonlik teenwoordig nie, is ek in die gees by julle. Ek is bly om te sien hoe ordelik julle is en hoe vas julle geloof in Jesus Christus is. Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is. Bly in Christus geanker en bou op Hom, standvastig in die geloof soos julle geleer is, en loop oor van dankbaarheid. Wees op julle hoede en laat niemand julle op sleeptou neem met ’n leë, misleidende filosofie wat wel rekening hou met menslike tradisie en met wêreldse magte, maar nie met Christus nie. Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teenwoordig. En omdat julle één is met Christus deel julle in sy volheid – Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag.

Gratis leesplanne en oordenkings oor KOLOSSENSE 2:1-10