DANIËL 6:15-18

DANIËL 6:15-18 NLV

Toe die koning dit hoor, was hy baie kwaad vir homself. Hy het gedink oor hoe hy Daniël kon red. Hy het die res van die dag probeer om Daniël te bevry. Die mans is weer saam na die koning toe. Hulle sê vir hom: “O Koning, u weet tog dat ’n wet wat die koning geteken het volgens die reël van Mede en Perse vasstaan. Dit kan nie verander word nie.” Die koning het toe beveel dat Daniël gevange geneem en in die leeuhok gegooi moet word. Hy het vir Daniël gesê: “Mag jou God wat jy altyd dien jou red.” Hulle het ’n klip gebring en dit voor die ingang van die hok gesit. Die koning het dit met sy seëlring en die seël van sy vooraanstaande amptenare verseël sodat niemand daarmee kon peuter en Daniël uithaal nie.