EFESIËRS 3
3
God se geheime plan
1Hier volg nou die rede waarom ek, Paulus, die gevangene in diens van Christus, vir julle, die nie-Jode, bid#3:1 Veronderstel die werkwoord bid.. 2Julle het seker gehoor van die bediening wat God uit genade aan my toevertrou het, ’n bediening in julle belang. 3’n Geheime plan is deur openbaring aan my bekendgemaak. Oor dié geheime plan het ek hierbo kortliks geskryf. 4Deur dit te lees kan julle ’n begrip vorm van my insig in die geheime Christusplan. 5God het hierdie geheime plan nie in vorige#3:5a Grondteks ander. geslagte aan mense#3:5b Grondteks aan die seuns van mense. bekendgemaak nie, maar nou het Hy dit deur die Gees bekendgemaak aan die apostels en profete wat aan Hom toegewy is#3:5c Grondteks heilige apostels en profete..
6Dié geheime plan is dat die nie-Joodse nasies deur Christus Jesus#3:6a Grondteks in Christus Jesus. saam sal deel in die erfenis van God se volk, dat hulle saam lede van dieselfde liggaam is, en saam deel het aan die beloftes wat op grond van die Goeie Nuus#3:6b, 7 Of evangelie. verkry word. 7Uit genade het God my die gawe gegee om ’n dienaar van hierdie Goeie Nuus#3:6b, 7 Of evangelie. te word. Die gawe is aan my gegee deur die werking van God se krag. 8Aan my, die heel onbelangrikste van al God se mense#3:8 Grondteks van al die heiliges., is hierdie genade gegee om aan die nie-Joodse nasies die onmeetlike rykdom van Christus te verkondig! 9Ek moet vir almal duidelik maak hoe God, die Skepper van alle dinge, die geheime plan uitvoer wat nog altyd#3:9 Grondteks van die eeue. verborge was. 10Die doel hiermee is om nou deur die kerk vir al die bose hemelse regeerders en maghebbers te wys hoe allesomvattend die wysheid van God 11se ewige plan is, dié plan wat Hy deur Christus Jesus ons Here tot uitvoer bring. 12Deur Christus en ons geloof in Hom, kan ons met vertroue vrymoedig na God toe gaan#3:12 Grondteks het ons die vrymoedigheid en toegang in vertroue.. 13Om hierdie rede vra ek dat julle nie moedeloos word oor my swaarkry ter wille van julle nie. Dit strek tot julle eer!
Paulus se gebed vir die Efesiërs
14Daarom kniel ek voor die Vader. 15Hy is die Vader van elke gemeenskap in die hemel#3:15 Grondteks hemele. en op die aarde. 16Mag Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy Goddelike grootheid aan julle die krag gee om innerlik sterk te word. 17Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon, en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees.
18Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is. 19Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word.
20Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra#3:20 Grondteks of dink.. 21Die kerk wat aan Christus Jesus verbind is, moet Hom prys#3:21 Grondteks Aan Hom behoort die heerlikheid in die kerk en in Christus Jesus. deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid! Amen.
Tans Gekies:
EFESIËRS 3: NLV
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011