Wees dus baie versigtig hoe julle lewe. Moenie soos dwase mense leef nie, leef wys! Benut elke geskikte ge-leentheid, want ons lewe in slegte tye. Moenie on-deurdag optree nie, maar probeer uitvind wat God se wil is. Verder, moenie soveel wyn drink dat julle dronk word nie, dit lei tot uitspattige gedrag. Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge.
Lees EFESIËRS 5
Luister na EFESIËRS 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: EFESIËRS 5:15-20
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's