EKSODUS 9:9-10

EKSODUS 9:9-10 NLV

Dit sal soos fyn stof oor die hele Egipte versprei en rou sere aan mens en dier laat kom.” Hulle het toe roet uit ’n oond gevat en na die farao toe gegaan. Terwyl die farao staan en kyk, het Moses dit in die lug gestrooi. Daar het rou sere op mens en dier begin uitbreek.