Toe het ek hierdie boodskap van die HERE gekry: “Mensekind, vertel hierdie storie, hierdie gelykenis vir die mense van Israel. Sê vir hulle die oppermagtige HERE sê: “‘’n Groot arend met wye vlerke en bont vere het na die Libanon toe gekom. Hy het die top van ’n seder gevat en dit afgepluk. Toe het hy dit weggedra na ’n stad vol handelaars en dit daar geplant. “‘Hy het ook ’n steggie uit jou land gevat en dit in vrugbare grond langs ’n breë rivier geplant. Hier sou dit so vinnig groei soos ’n wilgerboom. Dit het wortelgeskiet en ’n wingerdstok geword, welig, maar laag op die grond. Sy takke het opgegroei na die arend toe, en sy wortels was diep in die grond. Dit het sterk ranke uitgestoot met baie blare. Maar ’n ander groot arend met breë vlerke en baie vere het toe verbygekom. Die wingerdstok het sy wortels en takke na hom toe uitgesteek vir water. Die wingerdstok het dit gedoen al was daar goeie grond en genoeg water sodat dit ’n sterk wingerdstok met baie blare en druiwe kon word.’ “Jy moet sê: ‘Die oppermagtige HERE vra: Sal dit goed gaan met die wingerdstok? Sal dit nie ontwortel word, gestroop van al sy vrugte sodat dit verdroog nie? Selfs die nuwe groei sal verskrompel. Baie mense of baie krag is nie nodig om die wingerdstok wortel en tak uit te roei nie. As die wingerdstok oorgeplant is, sal dit groei? Sal dit nie heeltemal verdroog wanneer die oostewind dit tref nie? Dit sal verdroog in dieselfde grond waarin dit nou so mooi uitspruit.’”
Lees ESEGIËL 17
Deel
Vergelyk alle weergawes: ESEGIËL 17:1-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's