ESEGIËL 9:3-4

ESEGIËL 9:3-4 NLV

Toe het die heerlikheid van die God van Israel opgestyg van tussen die gerubs, waar dit gebly het, en beweeg na die drumpel van die tempel. Die HERE het geroep na die man met linneklere aan en skrywersgereedskap by hom. Hy sê toe vir hom: “Gaan stap deur die strate van Jerusalem en sit ’n merk op die voorkop van elkeen wat huil en sug oor al die afskuwelike sondes wat hulle rondom hulle sien.”