ESEGIËL 9:3-4
ESEGIËL 9:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Die lig om die Koning, die God van Israel, was op die gerub. Dit het toe opgegaan van die gerub, en dit het gestop by die drumpel van die tempel. Die Here het hard gepraat met die man wat die linne-klere aan het en wat die skrywer-sakkie aan sy belt het. Die Here het vir hom gesê: “Jy moet deur die stad loop, deur Jerusalem, en jy moet 'n merk maak op die voorkop van elke persoon wat sug en kla oor al die slegte dinge wat in die stad gebeur.”
ESEGIËL 9:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het die heerlikheid van die God van Israel opgestyg van tussen die gerubs, waar dit gebly het, en beweeg na die drumpel van die tempel. Die HERE het geroep na die man met linneklere aan en skrywersgereedskap by hom. Hy sê toe vir hom: “Gaan stap deur die strate van Jerusalem en sit ’n merk op die voorkop van elkeen wat huil en sug oor al die afskuwelike sondes wat hulle rondom hulle sien.”
ESEGIËL 9:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die heerlikheid van die God van Israel het opgestyg van die gérub waar dit op was, na die drumpel van die huis toe; en Hy het na die man geroep wat met linne bekleed was, wat die skrywer se inkpot aan sy heupe gehad het. En die HERE sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak 'n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word.
ESEGIËL 9:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die magtige teenwoordigheid van die God van Israel het van die gerub af waarbokant dit was, opgestyg en by die tempel se drumpel gaan staan. Die Here het na die man geroep met die linneklere aan en die skrywersakkie aan sy gordel en vir hom gesê: “Gaan deur die stad, deur Jerusalem, en maak 'n merk op die voorkoppe van almal wat sug en kla oor al die afskuwelike dinge wat in die stad gebeur.”
ESEGIËL 9:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die heerlikheid van die God van Israel het opgestyg van die gerub waarop dit was, en na die drumpel van die •tempel gegaan. Die HERE roep toe na die man wat in linne geklee was, met die skrywersak aan sy heup, en sê vir hom: “Deurkruis die stad, deurkruis Jerusalem, en maak 'n kruisie op die voorkoppe van die mense wat sug en kla oor al die afskuwelikhede wat daarin gedoen word.”
ESEGIËL 9:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die heerlikheid van die God van Israel het opgegaan van die gérub waarop hy was, na die drumpel van die huis. En hy roep na die man wat met linne bekleed was, met die inkhoring van die skrywer aan sy sy; Toe sê die HERE vir hom: Gaan deur die stad, deur Jerusalem, en maak 'n merk op die voorhoofde van die manne wat sug en roep oor al die gruwels wat in die middel daarvan gedoen word.
ESEGIËL 9:3-4 Die Boodskap (DB)
Toe het die Here Homself kom wys, dit was daar van agter die digte gordyn af wat in die huis van die Here is. Die Here het toe na sy huis se ingang gegaan. Die Here roep toe na die man wat in sy huis diens doen en wat die pen en boek by hom het. Die Here sê toe vir hom: “Stap deur die strate van die stad. Maak met jou pen ’n merk op die voorkop van almal wat hartseer is en wat huil oor die sondes wat hulle heeldag rondom hulle sien.”