Esegiël 9:3-4

Esegiël 9:3-4 AFR20

Die heerlikheid van die God van Israel het opgestyg van die gerub waarop dit was, en na die drumpel van die •tempel gegaan. Die HERE roep toe na die man wat in linne geklee was, met die skrywersak aan sy heup, en sê vir hom: “Deurkruis die stad, deurkruis Jerusalem, en maak 'n kruisie op die voorkoppe van die mense wat sug en kla oor al die afskuwelikhede wat daarin gedoen word.”