ESEGIËL 9:3-4

ESEGIËL 9:3-4 AFR83

Die magtige teenwoordigheid van die God van Israel het van die gerub af waarbokant dit was, opgestyg en by die tempel se drumpel gaan staan. Die Here het na die man geroep met die linneklere aan en die skrywersakkie aan sy gordel en vir hom gesê: “Gaan deur die stad, deur Jerusalem, en maak 'n merk op die voorkoppe van almal wat sug en kla oor al die afskuwelike dinge wat in die stad gebeur.”