Die HERE het vir Abram gesê: “Trek weg uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis en gaan na die land wat Ek jou sal aanwys. Ek sal jou die voorvader maak van ’n groot nasie. Ek sal jou seën sodat jy geëerd sal wees, en vir ander tot ’n seën sal wees. Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek. In jou sal al die mense op die aarde geseën word.” Abram het toe weggetrek soos die HERE hom beveel het en Lot het saamgegaan. Abram was 75 jaar oud toe hy uit Haran weggetrek het. Hy het sy vrou, Sarai, sy neef Lot en al hulle besittings, asook almal wat in Haran deel van sy gesin geword het, saamgeneem Kanaän toe. Daar aangekom, het hulle deur die land getrek tot by die waarsêersboom naby die plek Sigem. Die Kanaäniete het toe nog in die land gewoon. Die HERE het aan Abram verskyn en gesê: “Hierdie land gee Ek vir jou nageslag.” Toe bou Abram daar ’n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het.
Lees GENESIS 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 12:1-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's