GENESIS 3:1-4

GENESIS 3:1-4 NLV

Die slang was listiger as al die diere wat die HERE God gemaak het. “Is dit regtig so?” vra hy vir die vrou. “Het God regtig gesê julle mag niks van die vrugte in die tuin eet nie?” “Natuurlik mag ons van die vrugte eet,” sê die vrou. “Dis net van die vrugte van die boom in die middel van die tuin wat ons nie mag eet nie of selfs aan raak nie, anders sal ons sterf.” “Julle sal nie sterf nie!” sê die slang.