GENESIS 32:22-28

GENESIS 32:22-28 NLV

Gedurende die nag het Jakob opgestaan en sy twee vroue, twee slavinvroue en elf seuns geneem en hulle deur die Jabbokdrif gestuur. Nadat hy hulle na die oorkant toe laat gaan het, stuur hy ook al sy besittings deur. Hy het daar alleen agtergebly. ’n Man het gekom en met hom gestoei tot dagbreek toe. Toe die man sien dat hy hom nie kon onderkry nie het hy Jakob op sy heup geslaan sodat dit uit die potjie spring. Toe sê die man: “Los my nou, die dag begin al breek.” Uitasem sê Jakob: “Ek sal jou net laat gaan as jy my seën.” “Wat is jou naam?” vra die man. Hy antwoord: “Jakob.” “Jou naam sal nie meer Jakob wees nie,” sê die man vir hom. “Van nou af is dit Israel, want jy het met God en mens geworstel en nie kopgegee nie.”