GENESIS 9:1-11

GENESIS 9:1-11 NLV

God het Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Julle moet meer word deur baie kinders te hê en so die aarde te vul. Al die diere, groot en klein, asook al die voëls en visse sal vir julle bang wees. Ek stel hulle tot julle beskikking. Benewens die groen plante mag julle hulle ook eet. Maar geen dier mag geëet word sonder dat die lewensbloed eers uitgeloop het nie. Wanneer ’n mens doodgemaak word, eis Ek rekenskap, of dit nou ’n dier is of ’n medemens wat dit veroorsaak. Elkeen wat sy medemens doodmaak, moet met die dood gestraf word. Iemand wat ’n mens doodmaak, moet beslis self ook doodgemaak word omdat God die mens na sy beeld gemaak het. Soos reeds gesê, moet julle meer word deur baie kinders te hê sodat julle die aarde kan vul.” God het met Noag en sy seuns gepraat: “Ek sluit ’n verbond met julle en julle nageslag, asook met die diere wat saam met julle is: die voëls en mak diere en wilde diere, met almal wat uit die ark gekom het. Ek onderneem dat Ek nooit weer ’n vloed sal stuur om alles wat lewe dood te maak en die aarde te verwoes nie.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 9:1-11