Die oppermagtige HERE het my geleer sodat ek dié wat moeg is moed kan inpraat. Elke môre maak Hy my wakker en leer my luister soos dit ’n leerling betaam. Die oppermagtige HERE het my ore oopgemaak. Ek was nie teen Hom opstandig nie. Ek was nie ontrou aan Hom nie. Ek het my rug gehou sodat hulle my kon slaan, my wang sodat hulle my baard kon uittrek. Ek het nie my gesig weggedraai toe hulle my gespot en in die gesig gespoeg het nie. Omdat die oppermagtige HERE my help, sal ek nie in die skande kom nie. Ek het my gesig hard soos vuurklip gemaak. Ek weet ek sal nie in die verleentheid kom nie. Hy wat my sal verdedig, is naby. Wie sal dit waag om ’n aanklag teen my te lê? Laat ons elkeen sy saak stel! Wie is my aanklaer? Laat hom vorentoe kom. Die oppermagtige HERE is aan my kant! Wie kan my skuldig verklaar? Almal wat my beskuldig, sal vergaan soos ’n kledingstuk wat deur motte gevreet is!
Lees JESAJA 50
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: JESAJA 50:4-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's