Moenie lelike goed van mekaar sê nie, broers en susters. As julle lelike dinge van ’n medegelowige sê of ’n medegelowige kritiseer, dan kritiseer julle die wet. En as julle die wet kritiseer, is julle nie daders van die wet nie, maar regters. Net God – Hý wat die wet gemaak het – kan as Regter oor ons optree. Net Hý het die mag om te verlos of te vernietig. Dit is dus baie duidelik dat julle nie regter oor julle naaste kan speel nie. Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ’n jaar lank daar bly, ons sal sake doen en wins maak.” Julle weet nie eers wat die lewe môre vir julle inhou nie! Julle is soos die oggendmis – dis vir ’n rukkie sigbaar, en dan is dit weer weg. Julle moet eerder sê: “As die Here dit so beskik, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.” Maar nou is julle arrogant en spog julle. Al sulke grootpratery is verkeerd. Hou in gedagte: As ’n mens weet wat reg is en dit nie doen nie, is dit sonde.
Lees JAKOBUS 4
Luister na JAKOBUS 4
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: JAKOBUS 4:11-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's